Terug na Artikels
Metaboliese Energieverlies

Metaboliese Energieverlies

'n Groter "vreter" van wins as roofdiere

Oorspronklike artikel datum: 14 Maart 2022
Opgedateer met resultate: 4 April 2022


Dit is 'n onteenseglike feit dat daar slegs produksie kan wees indien daar groei is.

By 'n ooi moet die embrio of fetus groei en laasgenoemde moet na geboorte groei, of vir die abattoir, of vir teël doeleindes.

Elke dag wat daar gevreet word en enige van bogenoemde fetus, ooilam of vetlam nie optimaal groei, word daar bygedra tot 'n boer se verlies of gebrek aan wins.

'n Koste wat nie "tasbaar" is word genoem 'n geleentheidskoste. 'n Verlies is 'n direkte gevolg van die somtotaal van kostes sonder dienooreenkomstige inkomste wat die kostes oorskry. Omdat mens die geld nie fisies uitbetaal word die "geld" in mens se "geleentheidsbeursie" uitgegee sonder jou mede-wete. Dis soos 'n gasbottel wat lek in die oopte. Jy sien of ruik niks.

Optimale Wins = Inkomste minus Tasbare kostes minus Geleentheidskostes

Deur om geleentheidskostes so naby as moontlik aan R0 te kry word maksimum wins gemaak.

Wat is van die faktore wat geleentheidskostes opjaag?
  1. Ooi wat gedek word en nie beset word
  2. Ooi wat gedek word en beset word, maar wie se fetus nie optimaal groei weens gebrekkige voeding
  3. Ooi wat die vermoë het om te lam in 'n 8-maande of 10-maande siklus, maar volgens tradisie steeds eenkeer 'n jaar lam
  4. Ooi wat meer vreet of gevoer word as wat sy kan benut. Bv. Droë ooi wat te vet raak of dragtige ooi wat meer gevoer word as wat fetus kan benut
  5. Lam wat nie effektief kruipvoer kry. Enige lam wat nie optimaal groei vanaf geboorte dra by tot verhoogde geleentheidskoste
  6. Speenlam wat nie optimaal groei
  7. Jong ooi wat nie optimaal groei
  8. Jong ooi wat veel later gedek word as wat sy gedek kon gewees het weens 'n gebrek aan goeie bestuur

Kom ons kies een van bogenoemde punte en dan ontleed ons dit bietjie:

6 - Speenlam wat nie optimaal groei

Wat is die optimale groei van 'n speenlam?

Is ons tevrede met 'n spesifieke voeromset verhouding?

Glo ons dat die ras die voeromset verhouding bepaal?

Hoe weet ons die lam kan nie beter?

Hoeveel vreet 'n lam ad-lib?

Vind onder 'n verdere verwerkte uittreksel vanuit 'n studie gedoen deur die "College of Animal Science and Veterinary Medicine, Shanxi Agricultural University, Shanxi, China" en gepubliseer is in Maart 2016.

Energy requirements for the maintenance and growth of Dorper-Jinzhong crossbred ram lams

Published online: 24 Mar 2016

Junxing Zhao, Xuehao Ma, Yaqian Jin, Rui Su, Wenzhong Liu, Youshe Ren, Chunxiang Zhang & Jianxin Zhang

Level of intake
Item Ad-lib 65% 40%
No. of Lambs 6 6 6
Initial BW, kg 35.31 35.06 34.94
Final BW, kg 50.64 43 36.03
Net gain, kg 15.33 7.942 1.292
Average BW, kg 42.98 39.03 35.59
Average daily gain, g 338.2 169.1 28.99
Dry matter intake, g/d 1892 1193 790.8
Days fed 45 45 45
Intake as percentage of BW 4.4% 3.1% 2.2%
Percentage more feed 239% 151% 100%
Percentage more gain 1187% 615% 100%

Indien ons die groep wat 40% van die rantsoen gekry het gebruik as die verwysing dan is dit baie duidelik dat 40% van die rantsoen in hierdie studie basies slegs voldoen het aan die lam se metaboliese behoeftes. Die groep wat 65% van die rantsoen gekry het se kos was 51% meer. Dws 100% om die lam aan die lewe te hou en 51% om die lam te laat groei. Die ad-lib groep het 139% meer kos gekry as die 40% groep. 100% om te lewe en 139% om te groei.

Dit is dus baie duidelik uit die verskillende "Percentage more gain" waardes dat hoe kleiner die deel van die inname wat die metaboliese behoefte komponent verteenwoordig, hoe kleiner is die metaboliese behoefte as 'n persentasie van die totale inname. Dit moet wees, want anders kan die groei nie so eksponensieel toeneem nie.

Feeder

In hierdie toets het die lammers ad-lib gemiddeld 4.4% van liggaamsgewig ingeneem. Dink net vir 'n oomblik hoe hierdie syfers sou gelyk het met 'n kolom net links van Ad-Lib met opskrif "Conditioned". En "Intake as percentage of BW" was gewees 5.2%. Gekondisioneerde voeding is die enigste manier hoe 'n lam meer sal vreet as wat sy natuurlike drang hom sal laat vreet. Met gekondisioneerde voeding koppel ons 'n gebeurtenis aan die voeding (alarm, motor wat draai,ens) en dan reageer die lam op die gebeurtenis, instede van sy natuurlike drang om te vreet. By IntelliFarm™ kry ons dit reg om lammers se innames te verhoog na 5.2% van liggaamsgewig.

Die addisionele inname weens gekondisioneerde voeding lei tot 'n eksponensiële verhoging in groei asgevolg van die feit dat die metaboliese behoeftes elke dag 'n kleiner deel uitmaak van die totale daaglikse inname. Dit is nou juis waar “Foi Gras” vandaan kom. Die verskil is dat die lammers nie geforseer word nie, hulle kies self om te vreet.

Feeder

Bo en behalwe kondisionering is daar ook 'n ander baie belangrike faktor wat lei tot verhoogde inname van kruip en afrond rantsoene. Dit is om die lam toe te laat om te vreet met tye wanneer HY WIL en nie wanneer ONS WIL hê hy moet vreet nie. Hierdie is nie so eenvoudig aangesien 'n lam altyd vars en skoon kos wil vreet. Vry van kontaminasie en reuke van ander lammers. Die oplossing lê nie daarin om 16:00 die middag vir die lam 'n klomp kos uit te sit en te hoop vir die beste nie. Nee, die kos moet tesame met kondisionering met 'n "trickle feed" metode heeltyd vars vir hulle gevoer word. Amper asof arbeid 24-uur gereed staan en elke nou en dan as die “gebeurtenis” plaasvind 'n vars bakkie kos uitsit. Natuurlik is dit heeltemal onprakties.

Ons is tans besig met 'n proef waar ons 40 Merino X Dormer lammers gespeen het op 45-dae. Hul gemiddelde gewig was 17.1kg. Daar was egter lammers so lig as 13.5kg in die pakkie, so die resultate rondom hulle sal baie interessant wees. Die lammers het alreeds 'n Ralgro gekry op ouderdom 30-dae. Na 16-dae in die proef kan ons reeds sien dat die lammers konstant elke dag 'n inname van 5.2% van hulle liggaamsgewig oorskry. Weens agressiewe kruipvoer tydens laktasie was daar GEEN afname weens aanpassing gewees. Die proef loop vir 'n periode van 30-dae waarna die lammers sal oorgaan in 'n afrond proef vir 'n addisionele 30-dae. Ons glo hulle gaan naby aan slaggereed wees binne 60-dae na speen op 45-dae. Dws op 'n ouderdom van 105-dae gaan hulle moontlik 'n gewig van 47kg bereik. Met ons "cloud" gekoppelde voerders word inname gemonitor so ons sal ook die presiese voeromset syfers hê vir die verskillende groei fases.


Opdatering 4 April 2022

RESULTATE VAN 31-DAE VOEDINGSPROEF MET LAMMERS GESPEEN OP 45-DAE

Begin Datum: 4-Mar-2022
Eind Datum: 4-Apr-2022
Speengewig: 684kg
Speengewig gemiddeld per lam: 17.1kg
Voerkoste per ton (R): 5500
Karkas prys per Kg: R87 (Slegs vir doeleindes van berekening van geskatte wins)
Uitslagpersentasie: 49% (Slegs vir doeleindes van berekening van geskatte wins)
Klas Aantal Eindgewig Gemiddelde Gewig Groei per Periode Gemiddelde Daaglikse Groei Voer VOV Inname Wins Wins per Lam
Vinnige Groeiers 37 1089,5 29,4 452,9 0,395 1469,0 3:24:1 5,49% R11229,80 R303,51
Medium Groeiers 3 70,5 23,5 22,0 0,237 95,0 4:32:1 5,15% R414,83 R138,28
Totaal 40 1160,0 474,9 1564,0 R11644,63

Bogenoemde lammers sal vir die volgende 30-dae gemeet word. Rantsoen aanpassings sal gemaak word om optimale gradering en uitslagpersentasie te verseker.

Individuele Prestasie

Sorteer gerus die kolomme vir verdere analise
# Tag Number Friendly Name Movement Age Into Feedlot Start Weight Start Weight Date Previous Weight Previous Weight Date ADGSince Previous Current Weight Current Weight Date Average Daily Gain Standing Days
26 #4680 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 18 kg 04-Mar-2022 26 kg 18-Mar-2022 500 g 34.5 kg 04-Apr-2022 532 g 31
15 #3891 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 20.5 kg 04-Mar-2022 27 kg 18-Mar-2022 559 g 36.5 kg 04-Apr-2022 516 g 31
18 #4295 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 17 kg 04-Mar-2022 25 kg 18-Mar2022 471 g 33 kg 04-Apr-2022 516 g 31
1 #3501 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 16 kg 04-Mar-2022 23.5 kg 18-Mar-2022 471 g 31.5 kg 04-Apr-2022 500 g 31
37 #5970 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 17 kg 04-Mar-2022 24 kg 18-Mar-2022 500 g 32.5 kg 04-Apr-2022 500 g 31
2 #3588 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 22 kg 04-Mar-2022 28.5 kg 18-Mar-2022 471 g 36.5 kg 04-Apr-2022 467 g 31
33 #5033 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 17.5 kg 04-Mar-2022 25.5 kg 18-Mar-2022 382 g 32 kg 04-Apr-2022 467 g 31
40 #6448 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 16.5 kg 04-Mar-2022 23.5 kg 18-Mar-2022 441 g 31 kg 04-Apr-2022 467 g 31
10 #3763 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 15.5 kg 04-Mar-2022 22.5 kg 18-Mar-2022 412 g 29.5 kg 04-Apr-2022 451 g 31
25 #4585 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 16 kg 04-Mar-2022 23 kg 18-Mar-2022 382 g 29.5 kg 04-Apr-2022 435 g 31
24 #4560 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 15.5 kg 04-Mar-2022 21 kg 18-Mar-2022 441 g 28.5 kg 04-Apr-2022 419 g 31
27 #4757 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 20 kg 04-Mar-2022 27 kg 18-Mar-2022 353 g 33 kg 04-Apr-2022 419 g 31
32 #5006 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 13.5 kg 04-Mar-2022 20.5 kg 18-Mar-2022 353 g 26.5 kg 04-Apr-2022 419 g 31
5 #3612 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 16 kg 04-Mar-2022 22 kg 18-Mar-2022 382 g 28.5 kg 04-Apr-2022 403 g 31
17 #4236 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 19 kg 04-Mar-2022 25.5 kg 18-Mar-2022 353 g 31.5 kg 04-Apr-2022 403 g 31
34 #5188 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 19 kg 04-Mar-2022 25.5 kg 18-Mar-2022 353 g 31.5 kg 04-Apr-2022 403 g 31
9 #3761 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 15.5 kg 04-Mar-2022 20.5 kg 18-Mar-2022 412 g 27.5 kg 04-Apr-2022 387 g 31
19 #4363 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 15.5 kg 04-Mar-2022 22 kg 18-Mar-2022 324 g 27.5 kg 04-Apr-2022 387 g 31
29 #4858 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 19 kg 04-Mar-2022 24 kg 18-Mar-2022 412 g 31 kg 04-Apr-2022 387 g 31
14 #3877 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 17 kg 04-Mar-2022 21.5 kg 18-Mar-2022 412 g 28.5 kg 04-Apr-2022 370 g 31
22 #4543 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 20.5 kg 04-Mar-2022 25 kg 18-Mar-2022 412 g 32 kg 04-Apr-2022 370 g 31
30 #4879 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 16.5 kg 04-Mar-2022 21.5 kg 18-Mar-2022 382 g 28 kg 04-Apr-2022 370 g 31
31 #4982 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 16.5 kg 04-Mar-2022 21.5 kg 18-Mar-2022 382 g 28 kg 04-Apr-2022 370 g 31
35 #5378 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 16 kg 04-Mar-2022 21.5 kg 18-Mar-2022 353 g 27.5 kg 04-Apr-2022 370 g 31
20 #4477 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 18.5 kg 04-Mar-2022 23.5 kg 18-Mar-2022 353 g 29.5 kg 04-Apr-2022 354 g 31
23 #4550 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 17 kg 04-Mar-2022 21.5 kg 18-Mar-2022 382 g 28 kg 04-Apr-2022 354 g 31
39 #6254 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 15.5 kg 04-Mar-2022 20 kg 18-Mar-2022 382 g 26.5 kg 04-Apr-2022 354 g 31
11 #3866 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 17.5 kg 04-Mar-2022 22.5 kg 18-Mar-2022 324 g 28 kg 04-Apr-2022 338 g 31
13 #3870 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 17.5 kg 04-Mar-2022 23 kg 18-Mar-2022 294 g 28 kg 04-Apr-2022 338 g 31
38 #6170 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 17 kg 04-Mar-2022 22.5 kg 18-Mar-2022 294 g 27.5 kg 04-Apr-2022 338 g 31
3 #3603 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 16.5 kg 04-Mar-2022 22.5 kg 18-Mar-2022 235 g 26.5 kg 04-Apr-2022 322 g 31
7 #3651 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 16 kg 04-Mar-2022 20 kg 18-Mar-2022 353 g 26 kg 04-Apr-2022 322 g 31
16 #4099 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 15.5 kg 04-Mar-2022 20.5 kg 18-Mar-2022 294 g 25.5 kg 04-Apr-2022 322 g 31
36 #5691 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 17 kg 04-Mar-2022 22 kg 18-Mar-2022 294 g 27 kg 04-Apr-2022 322 g 31
12 #3868 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 18 kg 04-Mar-2022 23 kg 18-Mar-2022 265 g 27.5 kg 04-Apr-2022 306 g 31
28 #4782 Dormer X Ram Lamb GOOD 44 16 kg 04-Mar-2022 20 kg 18-Mar-2022 324 g 25.5 kg 04-Apr-2022 306 g 31
21 #4532 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 19 kg 04-Mar-2022 22 kg 18-Mar-2022 353 g 28 kg 04-Apr-2022 290 g 31
8 #3683 Dormer X Ewe Lamb GOOD 44 17 kg 04-Mar-2022 21.5 kg 18-Mar-2022 206 g 25 kg 04-Apr-2022 258 g 31
4 #3606 Dormer X Ewe Lamb POOR 44 14.5 kg 04-Mar-2022 18.5 kg 18-Mar-2022 206 g 22 kg 04-Apr-2022 241 g 31
6 #3635 Dormer X Ewe Lamb POOR 44 17 kg 04-Mar-2022 21 kg 18-Mar-2022 147 g 23.5 kg 04-Apr-2022 209 g 31

Geskryf deur: Pieter de Wet
Hoof Uitvoerende Beampte van IntelliFarm™ (Pty) Ltd en LANDRANI™ Meatmasters
"Meesters in Dataversameling & Presisievoeding"
https://www.intellifarm.co.za
Tel No: 071 6000 819
E-pos: pieter@intellifarm.co.za

Terug na Artikels