• Het jy weiding vir 450 ooie wat tans nie benut word nie?
  • Benodig jy maandelikse kontantvloei in jou boerdery?
  • Word die uitbreiding van jou kudde gekniehalter weens 'n gebrek aan kapitaal?
  • Boer jy in die Karoo?

Laat IntelliFarm jou help!

IntelliFarm™ stel bekend 'n wen-wen geleentheid wat vanaf dag 1 kontantvloei in die skaapboer se sak sit.

Die reëls is as volg:
  • Jy moet onbenutte weiding hê vir ten minste 450 addisionele ooie
  • IntelliFarm™ fasiliteer die aankoop van 225 uitgesoekte jong Merino ooilam (5-maande oud)
  • Jy maak ooilammers groot tot op doelgewig en paar ouderdom (12-18 maande)*
  • IntelliFarm™ betaal jou 'n maandelikse wolvoorskot van R1.25 per lam per dag terwyl ooilam grootgemaak word vir paar**
  • Die risiko van wins en verlies gaan oor op jou vanaf die dag wat die Merino ooilammers afgelaai word. DWS enige verliese moet deur jou vervang word.
  • Alle bedryfsuitgawes ten opsigte van die identifisering, sorg, gesondheid en voeding van die Merino ooilammers is jou verantwoordelikheid vanaf die dag wat hulle afgelaai word.
  • Vanaf datum van aflewering kry jy die volle voordeel van die wolproduksie en aanteel van die 225 jong Merino ooilammers. Jy boer met hulle asof hulle jou eie is. Jy betaal aanvanklik net nie huur nie aangesien wol inkomste (voorskotte) aangewend word om hulle groot te maak en in kondisie te kry vir paar.
  • Al wat jy na paar moet doen, is om jaarliks 20% van die Merino ooie te vervang vanuit hulle aanteel en weiding en sorg te verskaf vir ons 225 Meatmasters of Merinos.
  • Die dag wanneer die 225 jong Merino ooie gepaar word stel jy weiding beskikbaar vir addisionele 225 Meatmaster of Merino ooie.
  • Jy betaal dus jou ooie se huur met weiding instede van geld.
  • Daar sal GEEN ramme saam met die ooie loop.
  • Indien nodig rig IntelliFarm™ sy eie tydelike krale op indien ooie gewerk word. Dws daar sal geen haar/wol kontaminasie plaasvind.
  • Ons Meatmaster of Merino ooie lam in Oudtshoorn. Word opgelaai net voor lamtyd en terselfdetyd vervang met n groep droë ooie.
  • Huur Termyn: Minimum 5-jaar vanaf datum van eerste paring of 6-jaar vanaf ondertekening van ooreenkoms. Daarna jaar tot jaar. Beëindiging deur enige party vereis 12-maande kennis.
Jaarlikse vervanging van ooie:
  • Na elke lamseisoen alvorens lammers bemark word kies die deelnemende boer, insamewerking met 'n verteenwoordiger van IntelliFarm™, vervangingsooitjies uit die aanteel.
  • Gesamentlik met IntelliFarm™ word ook besluit watter ooie vervang moet word.
Verdere wol voorskotte:
  • Na paar kan IntelliFarm™ op versoek van 'n deelnemende boer maandeliks 'n wolvoorskot bly betaal van R1 per ooi per dag.
  • Ooie moet 2-maandeliks ge-RFID skandeer word alvorens enige verdere voorskotte uitbetaal word.
  • IntelliFarm™ sal die nodige skandeer toerusting aan die boer voorsien op 'n leen basis.
  • Rente op hierdie verdere wolvoorskotte sal gehef word teen 'n jaarlikse koers van Prima plus 2%.
Voorskotte op lammers:
  • Lammeroes voorskotte kan ook betaal word mits 'n IntelliFarm geakrediteerde persoon die skandering en dragtigheidsbevestig doen.
  • 12% van die waarde van die geskatte lammeroes kan voorgeskiet word by dragtigheidsbevestiging.
  • 8% van die waarde van die geskatte lammeroes kan daarna maandeliks voorgeskiet word vir 3 opvolgende maande.
  • 14% van die waarde van die werklike lammeroes kan voorgeskiet word na lam.
  • Ooie moet 2-maandeliks ge-RFID skandeer word alvorens enige lammeroes voorskotte uitbetaal word.
  • IntelliFarm™ sal die nodige skandeer toerusting aan die boer voorsien op 'n leen basis.
  • Rente op lammeroes voorskotte sal gehef word teen 'n jaarlikse koers van Prima plus 2%.
Droogte- en weidingsbestuur:
  • IntelliFarm™ sal byvoeding verskaf vir die prikkel en laat dragtige produksie fases van sy ooie.
  • IntelliFarm™ is bereid om in droër tye tot en met 160g per dag produksielek te voorsien.
  • IntelliFarm™ en die deelnemende boer moet beide ooie in gelyke hoeveelhede verminder indien dit bleik dat die veldtoestand meer byvoeding gaan benodig.
  • Deelnemende boer en IntelliFarm™ moet gesamentlik besluit oor watter ooie uitgeskot moet word indien getalle moet verminder.
Bemarking, fakture en vloei van fondse:
  • Deelnemende boer kan wol en lammers bemark en verkoop aan enige koper van sy keuse.
  • Alle fakture moet deur IntelliFarm™ uitgemaak word (as eienaar van die ooie).
  • Alle fondse weens fakture moet direk aan IntelliFarm™ betaal word.
  • IntelliFarm™ sal onmiddelik na ontvangs van fondse dit oorplaas na die deelnemende boer nadat voorskotte verreken is.
  • 'n Administrasiefooi van 0.3% sal gehef word.
*12-Maande Paar
  • Minimum daaglikse groei 188g
  • Doelgewig 50kg

*18-Maande Paar
  • Minimum daaglikse groei 140g
  • Doelgewig 50-54kg

**Wol voorskot betalings

Wol voorskot betalings op ooilammers voor paring, is onderhewig daaraan dat daaglikse groeidoelwitte behaal word

Inligting benodig indien jy belangstel:

  • Afskrif van laaste wol afrekeningstaat van huidige kudde (of kudde voor die droogte)
  • Afskrif van ID dokument
  • Volledige eiendomsbeskrywing van plaas
  • Jongste verbandstaat wat aandui dat verband betalings op datum is (indien van toepassing)
  • Toestemming vir navraag by kredietburos
Die doel van bogenoemde inligting is om te verseker dat 'n ooi verhuringsprojek volhoubaar sal wees.
* Termes en voorwaardes geld!
Pieter de Wet
“Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie!”

Stuur inligting na: info@intellifarm.co.za of kontak Pieter de Wet op 071 600 0819 vir enige navrae.

631 Tannin Place, Val de Vie, Paarl, 7646

In association with: FarmShare&trade